News

Radio Kansel · 2 November 2026

Dare2Dream Dome Restaurant at Forum Homini: ’n Storie met ’n restaurant

Karina Marais en Joyce Jacobs in die Presidential Suite by Forum Homini, tydens die onderhoud
Karina Marais en Joyce Jacobs in die Presidential Suite by Forum Homini

“Dit is letterlik ’n storie met ’n restaurant – ’n plek waar stories bedien word en drome weer begin.”

Karina Marais

Karina Marais deel haar storie oor die Dare2Dream restaurant met Joyce Jacobs op Radio Kansel wat uitgesaai was op 2 November 2026.

Karina Marais en Joyce Jacobs stap na die fantasie woud by Dare2Dream restaurant by Forum Homini

Karina & Joyce geniet ontbyt in die fantasie woud by Dare2Dream

Luister na die onderhoud

Joyce Jacobs gesels met Karina Marais in Plus 50 Kuiertyd op Radio Kansel · 29 min

Karina Marais en Joyce Jacobs in die Presidential Suite by Forum Homini

Karina Marais en Joyce Jacobs in die Presidential Suite by Forum Homini
Karina Marais en Joyce Jacobs in die Presidential Suite by Forum Homini
Karina Marais en Joyce Jacobs in die Presidential Suite by Forum Homini

Kom beleef dit self

Die Aandete met ’n Storie: 11 gange in die Dare2Dream koepel restaurant by Forum Homini.

Dinner with a Story

Questions

Wie is Karina Marais?

'n Dromer wat haar drome probeer waar maak, en 'n doener: entrepreneur, outeur, liedjieskrywer, ma van twee seuns en die vrou van Hendrik Marais. Sy het die musikale memoir Upstairs Downstairs geskryf, waaruit die Dare2Dream restaurant gegroei het, en is 'n direkteur by Eureka en Forum Homini Boetiek Hotel.

Wat is "fun dining" by Dare2Dream?

Dit is teater, storievertelling en kulinêre kuns wat saamkom. Elke dis is 'n "act": 'n storie, 'n liedjie en 'n smaak. Verfynd, kreatief en immersief, sonder die stywe formaliteit wat soms by fine dining kom.

Hoeveel gange is die Aandete met 'n Storie?

By Dare2Dream kry jy 'n 11-gang FUN dining ete.

Wat gebeur van die oomblik wat ek aankom?

Dit begin met 'n rooi tapyt oomblik. Die eerste gereg word in die hotel se sitkamer bedien, dan stap die gaste na die fantasie woud terwyl hulle na "Where Dreams Begin" luister. Twee dise word in die woud bedien, en dan gaan die hekke oop en loop gaste oor 'n brug na die koepel restaurant.

Waar kom die idee vandaan?

Uit Karina Marais se memoir, Upstairs Downstairs. Sy wou al vyf sintuie betrek, en 'n boek kan nie laat proe, ruik of vat nie. Hendrik Marais het besluit om in die bos by die hotel 'n koepel restaurant te bou, en vier maande later het Dare2Dream oopgemaak.

Vir wie is Dare2Dream?

Oud en jonk, verliefdes, verloofdes, jong getroudes, ou getroudes en alleenlopers, en ook konferensiegangers. Dit is romanties, speels en inspirerend.

Kan ek ook oorslaap?

Ja, in 'n 5-ster grot kamer by Forum Homini in die Wieg van die Mensdom. Gaste wat oorslaap kan die Dare2Dream ontbyt geniet.

Forum Homini · the opening page

Enquire